Gholfspeler Jason Day is terug op sy voete

Gholf: Jason Day sê hy het uiteindelik sy voete gevind na persoonlike terugslae. Hy het halfpad deur die Wells Fargo-kampioenskap in Charlotte die voortou geneem met tien houe onder baansyfer. Die voormalige wêreld-nommer-een van Australië het laas in 2018 ‘n PGA-toernooi gewen. Hy het tot die 127ste plek op die wereldranglys teruggesak. Day is drie houe voor die Amerikaner Max Homa by Wells Fargo, met Denny McCarthy in die derde plek. Die 34-jarige Day het sy ma verlede jaar weens kanker aan die dood afgestaan en hy het in onlangse jare met rugprobleme gesukkel.