Gholf: Tiger Woods fokus op rus en stap

Gholf: Tiger Woods is onseker wanneer hy weer mededingend gaan speel maar die 15-malige Major-wenner beplan om die komende weke te rus en om sy stapvermoë te verbeter. Woods en sy seun, Charlie, moes met die gesamentlike agste plek tevrede wees by die PNC-kampioenskap se gesins-gholftoernooi. Hy moes by die toernooi van karretjies gebruik maak. Hy beplan nou om sy bene te versterk terwyl hy herstel van ernstige beserings wat hy in Februarie 2021 in ʼn motorongeluk opgedoen het. Hy het ook probleme met knaende voetsool-fasiïtis in sy regtervoet.