Gholf: George Coetzee spring goed weg by De Zalze

Gholf: Die verdedigende kampioen, George Coetzee, het Donderdag sy openingsronde met ‘n telling van 11 onder baansyfer 61 voltooi en loop nou met vyf houe voor in die Origins of Golf-toernooi by De Zalze-gholfklub in Stellenbosch. Sy naaste teenstanders is die groep van Ryan Cairns, Adam Breem, Albert Venter en Jaco Prinsloo – almal met openingsronde-tellings van ses onder baansyfer. Indien Coetzee die toernooi wen sal  dit sy vyfde Origins of Golf-titel wees, wat hom tweede sal plaas ná Jean Hugo wat reeds elf ingepalm het.