Ghislaine Maxwell sê prins Andrew se foto is gedokter

Ghislaine Maxwell, die eertydse Britse sosiale vlinder wat in Amerika in die tronk is weens haar betrokkenheid by seksmisdade, sê sy wens sy het nooit vir Jeffrey Epstein ontmoet nie. Die 61-jarige Maxwell is in 2022 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis weens haar betrokkenheid by Epstein se seksmisdade by minderjarige meisies. Maxwell sê die befaamde foto van die Britse prins Andrew en Virginia Giuffre, een van Epstein se slagoffers is vervals. Hoewel die foto in Maxwell se huis geneem is, hou sy vol daar is met die foto gepeuter. Sy sê sy kan nie onthou dat Virginia ooit in haar huis was nie.