Aardbewing van 5,6 ruk Nepal

Minstens een persoon is dood in die aardbewing in Nepal wat vroeër vandag die Bajura-distrik getref het. Nooddienswerkers is na die dorpie Gaumul gestuur om na moontlike vermistes te soek. Skade is ook aangerig aan huise wat meestal met modder en klip gebou is. Die Amerikaanse Geologiese Opname het die seismiese meting van die aardbewing van 5,4 intussen opwaarts aangepas tot 5, 6. Die aardskudding is tot in Nieu-Delhi in Indië gevoel.