Ghana kan betrokke raak by plaaslike voerkrale

Die Vleisraad van Namibië het ‘n uitnodiging aan Ghana gerig om te belê in vennootskappe vir voerkrale in die land om plaaslike waardetoevoeging ‘n hupstoot te gee. Namibië en Ghana het reeds ’n beesvleis uitvoerooreenkoms, met die eerste besending van 14 ton beesvleis wat in 2022 uitgevoer is. Die Vleisraad se hoof van handel en strategiese beleid Goliath Tujendapi sê Ghana kan byvoorbeeld baie bydra in voer omdat hy meer reënval het en dit goedkoper kan produseer. Sowat 85 persent van Namibië se beesvleis word uitgevoer na verskeie markte regoor die wêreld.