Alweendo sê Namibië druk om olieproduksie te bespoedig

President Hage Geingob hou sy einde van die jaar persinligtingsessie by Staatshuis. Tydens die sessie gee ministers ook terugvoering oor hulle doen en late vir die jaar. Tom Alweendo, minister van myne en energie, het natuurlik, soos verwag, oor die olieontdekkings gesels en meen hulle werk nou saam met die internasionale maatskappye om so spoedig as moontlik produksie te begin.