Gewilde rugby-kaptein sterf in ongeluk

‘n Gewilde gewese kaptein van die Noordwes-universiteit se Varsitybeker-span het die naweek op die N-4 naby Kroondal in Noordwes verongeluk. Die 26-jarige Tiaan Bezuidenhout was blykbaar op pad vanaf Mpumalanga om Moedersdag saam met sy ma in Rustenburg deur te bring. Hy het die span in 2018 aangevoer tot in die eindstryd teen Maties. Die gewese afrigter, Jonathan Mokuena, sê Bezuidenhout het deur voorbeeld gelei. Die polisie ondersoek ‘n strafbare manslag saak nadat sy bakkie teen ‘n vragmotor gebots het.