Geweld duur voort maar, ons herdenk weer 16 dae…

Die 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld is ‘n jaarlikse internasionale veldtog wat vandag, die Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue, afskop en duur tot Menseregtedag op 10 Desember. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese ombudsman, Basilius Dyakugha, gepraat oor sy opmerking dat ons elke jaar veldtogte oor geslagsgebaseerde geweld het, maar niks verander nie. Gevalle word selfs tydens die veldtog aangemeld.