Demokrate in VSA stuur op ‘n ramp af

Die Amerikaanse verteenwoordiger Dean Phillips van Minnesota, sê hy sal nie vir herverkiesing na die Huis staan nie. Hy wil teen president Joe Biden as Demokratiese kandidaat staan. Die 54-jarige miljoenêr-sakeman en drietermyn-kongreslid sê hy sal teen Biden optree, met die president se flou goedkeuringsgraderings en kiesers se versigtigheid oor sy ouderdom. Demokrate loop volgens hom in hulle slaap in ‘n ramp in met peilings wat toon dat Biden grond teen Trump verloor.