Geweld begin in die huis: sielkundige
Die 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld is ‘n jaarlikse internasionale veldtog wat op 25 November begin het, die Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue. Kosmos 94.1 Nuus het met die kliniese sielkundige, Iani de Kock, oor geweld teen vroue gepraat wat sê dit begin veral by die huis, en ouers moet liewer ander vorme van disipline implementeer.