Gewapende transitoroof in hoofstad

‘n Gewapende transitoroof het vanoggend plaasgevind by die Woermann Brock-kompleks in Hochlandpark in die hoofstad. Die woordvoerder van die Namibiese polisie, Hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê lede is besig met die ondersoek en het geen inligting om bekend te maak aan die media nie. Dit is ook nie bekend hoeveel geld gesteel is nie.