Gewapende rooftog by Graskop

ActionSA in Mpumalanga het die aanval deur 20 gewapende mans in die toeriste-bestemming Graskop veroordeel. Die rowers het op ‘n  vulstasie toegeslaan en die kassier beveel om die kluis uit te wys. Thoko Mashiane van ActionSA sê hulle het daarna ‘n nabygeleë toeriste-sentrum bestorm waar hulle plofstof aan die brand gesteek en met ‘n onbekende hoeveelheid geld gevlug het.