Gewapende mans val inentingspan by Soshanguwe aan

Die Gautengse departement van gesondheid veroordeel die aanval op ‘n inentingspan van die Tshwane-distrik ten sterkste. Die voorval het in Soshanguve, noord van Pretoria, gebeur. Vyf gewapende mans het die inentingspan by die taxistaanplek by Wonder City met vuurwapens aangehou en beroof. In nog ‘n voorval is ‘n bakkie van die Wes-Randse gesondheidsdistrik gekaap toe dit toerusting vir opwip-lokale in Kagiso vervoer het. ‘n Woordvoerder van die departement, Kwara Kekana.