Gevangene kan in Windhoek bly, beslis hof

‘n Gevangene wat die gevangenis-owerhede en die binnelandse sake-minister in die Windhoekse Hoërhof gedagvaar het nadat hy van die Windhoek Korrektiewe Fasiliteit na Walvisbaai oorgeplaas is, het sy saak gewen. Weldrid Langerman, wat sedert 2018 ‘n 14-jaar vonnis uitdien vir moord en poging tot moord, het in hofstukke gesê hy is besig met sy BA regte-studies by die Universiteit van Namibië en ‘n oorplasing na Walvisbaai sal sy studies belemmer. Hy is onder meer ook nie ingevolge regulasies die geleentheid gegee om sy besware teen die oorplasing te opper nie. Regter Shafimana Ueitele het die beslissing ter syde gestel. Langerman het vir homself opgetree en adjunk-regeringsprokureur Jabulani Ncube vir die minister en gevangenis-owerhede.