RISE Mzansi betreur ‘vuil taktiek’ teen party

RISE Mzansi sê hy sal nie toegee aan intimidasie nie, want hy bied ‘n alternatief vir die gevestigde politieke orde wat nie daarin kon slaag om ‘n veilige, voorspoedige, gelyke en verenigde Suid-Afrika te bou nie. Die party het gereageer omdat sy organiseerders en vrywilligers gedreig en sy verkiesingsplakkate landwyd vernietig word. Makashule Gana van RISE Mzansi sê die party het die gevestigde politieke orde geskud en gevolglik wend teenstanders hulle tot vuil taktiek om dié groeiende beweging te probeer onderdruk.