Gevalle van kinkhoes neem in SA weer toe

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika het ouers en versorgers gewaarsku oor die toenemende gevalle van kinkhoes wat voorkom. Volgens die instituut het gevalle van kinkhoes  in 2020 en 2021 afgeneem, waarskynlik as gevolg van verminderde oordrag wat verband hou met die Covid-19 ingrypings. Van die begin van 2022 tot 15 September is 147 gevalle van kinkhoes aangemeld. Van die gevalle was 77 persent kinders jonger as vyf. Van die kinders onder vyf, was 79 persent jonger as drie maande oud.