Gestrande bottelneusdolfyne by Sandybaai gered

Die Kaap die Goeie Hoop Dierebeskermingsvereniging het vandag twee bottelneusdolfyne gered wat op Sandybaai in Kaapstad gestrand was. Meer as tien mense moes met ‘n draagbaar help om die swaar dolfyne die see in te skuif. Die spanwerk het vrugte afgewerp aangesien die redders die dolfyne nat en gemaklik gehou het voor hulle na die water teruggeneem is. Die hoofinspekteur, Jaco Pieterse, sê as ‘n voorsorgmaatreël sal die gebied gemonitor word ingeval daar weer dolfyne is wat gestrand is.