Gesprek oor nasionale pensioenfonds moet hervat

Reaksie word ontvang op ‘n verslag dat die meeste Suid-Afrikaners in die werkersklas dalk lewenslank moet werk weens onvoldoende voorsiening vir hulle oudag, met slegs ses-persent wat in gerief kan aftree. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersfederasie, wat sê daar moet weer oor die Nasionale Pensioenskema gepraat word en dit is hoog tyd dat iets gedoen word om die toekoms van die land se inwoners te verbeter.