Die Blitsbokke bly op die wen pad

Rugby: Die Blitsbokke beïndruk net al meer by die Dubai-sewestoernooi. In vanoggend se kwarteindronde het die Suid-Afrikaners Kenia 31-19 geklop. Hulle het op dag een gevorder na die bopunt van Groep C, met oorwinnings oor Ierland, Japan en Brittanje. Die afrigter van die Blitsbokke, Neil Powell, sê hulle het geweet die Afrika-tweestryd sou baie fisiek wees en die span het dit reggekry om seker te maak van hul duikslae.