Gesondheidsministers van SAOG vergader in Kinshasa

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap hou op 10 November ‘n gesamentlike vergadering van die SAOG gesondheidsministers en ministers verantwoordelik vir MIV/ vigs in Kinshasa, die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die ministers sal ook die herdenking van die SAOG-Malariadag in Kinshasa op 11 November bywoon. Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.