Gesondheidsministers van G7-lande vergader vandag

Gesondheidsministers van die G7-lande, naamlik die Verenigde Koninkryk, Amerika, Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië en Japan, hou vandag ‘n dringende vergadering om die Covid-19 Omikron-variant te bespreek. Tien Suider-Afrikaanse lande, insluitend Suid-Afrika, is nou op die Britse rooilys. Omikron is ook in ander lande opgespoor, onder andere België, Denemarke, Italië, Nederland, Australië, Hongkong en Israel. Die Verenigde Koninkryk wat tans die G7-presidentskap hou, sê die ontwikkelings wat met die variant verband hou, moet dringend bespreek word.