Gesondheidsminister: Omstrede tender sal nie gekanselleer word

Die Namibiese gesondheidsministerie het bevestig oproepe is ook uit verskillende oorde ontvang dat die omstrede gesondheidstender aan Amnics Trading ter waarde van 650 miljoen Namibiese dollar gekanselleer word. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, sê die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië het verduideliking verskaf oor hierdie kwessie waar 492 items op hierdie tender is. Shangula sê die kansellasie van hierdie tender sal die bedrywighede van die ministerie lamlê, en openbare gesondheid en menselewens in gevaar stel. Hy sê die ministerie identifiseer sy behoeftes, stel ‘n lys van behoeftes op, bepaal hoeveelhede en spesifikasies en stuur dit aan die Verkrygingsraad. Shangula sê die rol van die ministerie begin en eindig daar. Wanneer die raad sy werk voltooi het, stel dit die ministerie in kennis watter verskaffer gekies is.