Gelukwensinge stroom in vir Namibiese krieketkaptein

Gelukwensinge stroom in vir die kaptein van die Namibiese krieketspan, Gerhard Erasmus, wat deur die Internasionale Krieketraad as die top-speler vir 2022 uit krieketlande met ICC-assosiaatstatus aangewys is. Hy het die Namibiese Richelieu Eagles op uitsonderlike wyse gelei met verskeie deurslaggewende kolf- en boulvertonings. Onder Erasmus se kapteinskap het die Eagles verlede jaar 13 van hul 21 internasionale eendag-wedstryde ingepalm. Die president van die Namibiese Krieket-unie, dr. Rudie van Vuuren, wens die kaptein geluk.