Gesondheidsdepartement in Gauteng ontken dat hy kyk na afdankings

Die Gautengse Departement van Gesondheid ontken die verpleeg-organisasie Denosa se bewerings dat hy binnekort verpleegkundiges gaan afdank. Denosa dreig met massabetogings teen die departement indien sommige van sy lede afgedank word, asook oor bewerings dat gemeenskapsdiens-verpleegkundiges se salarisse nie betaal word nie. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê hulle bly verbind om seker te maak die gesondheidstelsel het die nodige menslike hulpbronne om voort te gaan om noodsaaklike gesondheidsdienste aan gemeenskappe te lewer: