Gesondheid kyk na naweek-inentings

Daar is klagtes deur lede van die publiek dat inenting teen Covid nie oor naweke plaasvind nie. Dit verhoed talle persone, wat nie in die week af kan kry nie, om hulle spuite te ontvang. Volgens die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Gesondheid, Ben Nangombe, is dit ‘n belangrike kwessie wat aangespreek moet word.