Gesogte natuurlewefotografie-toekenning

‘n Ysbeer wat op ‘n ysberg slaap, ‘n jellievis wat deur die Noorderligte verlig word en ‘n jakkals met sy kop in ‘n asblik is van die fotos wat vir ‘n gesogte natuurlewefotografie-toekenning ingeskryf is.

Die publiek word aangemoedig om te stem vir een van oor die 25 foto’s wat op die kortlys is vir die People’s Choice-kategorie van die Natural History Museum se Fotograaf van die Jaar-toekenning.

Daar was byna 50 000 inskrywings vir die kompetisie uit 95 verskillende lande, met 25 fotos wat vir die openbare stemming gekies is deur ‘n beoordelaarspaneel van die museum.

Foto: Wildlife Photographer of the Year’s People’s Choice Award.