Waterveiligheid-opvoeding kan verdrinkings stop

Die Johannesburgse noodbestuursdiens stel vandag die Waterveiligheidsveldtog in Orlando-Wes, Soweto, bekend. Twee jongmense het verlede maand tydens ʼn tradisionele seremonie in Kliprivier in die suide van Johannesburg verdrink. Die nooddiens se woordvoerder, Xolile Khumalo, sê gevalle van verdrinking in die provinsie kan afneem indien mense oor waterveiligheid opgevoed word.