Geslagsgeweld kos SA R36 miljard sedert 2019

‘n Studie toon dat Suid-Afrika in 2019 meer as 36 miljard Suid-Afrikaanse rand verloor het weens geslagsgebaseerde geweld. ‘n Navorser aan die Universiteit van Johannesburg, Corne Davis, sê die studie het gefokus op die koste van persepsies oor en die voorkoms van geslagsgebaseerde geweld in die privaatsektor. Davis sê die mikpunt met die verslag was om aanspreeklikheid in die privaatsektor te bevorder en om verandering teweeg te bring in stelsels waar geslagsgebaseerde geweld voorkom: