Geslagsgeweld in SA: Meer moet gedoen word

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid in Suid-Afrika dring aan dat die regstelsel vinniger werk aan sake wat met geslagsgeweld te doen het sodat die publiek se vertroue in die regstelsel herstel kan word. Tussen Oktober en Desember verlede jaar is 902 vroue vermoor waarvan 232 direk met huishoudelike geweld verband gehou het. Die kommissie se woordvoerder, Javu Baloyi, sê die tydsverloop tussen die moorde en die uiteindelike skuldigbevinding van oortreders, is pynlik lank en gesinne wat geliefdes verloor het, word aan viktimisasie blootgestel: