Geselsie met Cyril duidelike boodskap aan Rusland – Volodymyr

Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê sy telefoniese gesprek met President Cyril Ramaphosa stuur ‘n duidelike boodskap aan Rusland. Die twee leiers het gesprek gevoer oor Oekraïne se weerstand teen Rusland se aggressie. Hy sê hulle het die bedreiging van ‘n wêreldwyse voedselkrisis, ‘n sterker verhouding met Suid-Afrika en samewerking met internasionale organisasies ook bespreek. Suid-Afrika is wyd veroordeel weens sy besluit om buite stemming te bly by drie resolusies van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering, om Rusland se inval in Oekraïne te veroordeel.