Gerugte dat Handré Pollard na Leicester Tigers skuif

Rugby: Daar is vele gerugte dat die Springbok-losskakel Handré Pollard gaan skuif na Leicester Tigers. Die speler, wat tans op die Franse klub Montpellier se boeke is, het glo ‘n baie goeie aanbod van ‘n Japanse span van die hand gewys om by die Engelse klub aan te sluit. Sy kontrak met Montpellier verstryk ná die huidige Top 14-seisoen, en weens sy toetsverpligtinge en beserings sal hy nie ‘n aanbod ontvang om aan te bly nie. ‘n Jaarlikse salaris van 12,6 miljoen Namibiese dollar is genoem indien Pollard na Leicester sou skuif.