Gerhard Schutte sê oor Onderstepoort en inentingstekorte

Daar is vooruitskattings dat parasiete, bosluise en insekte vanjaar sal toeneem veral na verlede jaar se goeie reën en voorspellings vir nog goeie reën vanjaar. Boere word aangemoedig om te verseker dat hul diere ingeënt is en plaaslike veaarts, dr. Theuns Laubscher, het ook met Kosmos 94.1 Nuus daaroor gepraat. Maar, daar is tekorte aan entstowwe, as gevolg van die uitdagings by Onderstepoort. Kosmos 94.1 Nuus het met Gerhard Schutte, die voorsitter van die Nasionale Dieregesondheidsforum in Suid-Afrika gepraat.