Gerda Steyn oortref eie rekord in Twee Oseane-marathon

Padwedlope: Gerda Steyn het ‘n nuwe rekord opgestel toe sy vandag se Twee Oseane-marathon in Kaapstad gewen het. Die 33-jarige Suid-Afrikaner het haar eie rekord oortref toe sy in net meer as drie uur en 29-minute die 56-kilometers afgedraf het. Steyn het so haar plek in die geskiedenis van padwedlope verseker. In die mans-afdeling het die nuweling, Givemore Mdzin-gan-yama van Zimbabwe, vir ‘n verrassing gesorg deur in ‘n tyd van drie uur, nege minute en 42-sekondes te wen. Namibiërs Leslie Trollope, Brett Strydom en Frans Amakali het ook die marathon voltooi. Namibië se marathon-koningin Helalia Johannes tree môre vir die halfmarathon aan.