Japanse eerste minister met rookbom bestook

Chaos het uitgebreek by die Saikazaki-vissershawe in die Wakayama-distrik, naby Osaka toe daar ‘n ontploffing was by ‘n saamtrek waar die Japanse eerste minister, Fumio Kishida ‘n toespraak sou hou. ‘n Man wat naby hom gestaan het, het ‘n voorwerp gegooi wat ontplof het, en lyfwagte het onmiddellik op hom toegesak. Aanduidings is dat dit ‘n rookbom was. Kishida is nie beseer nie. In Julie verlede jaar is Japan se vorige eerste minister, Shinzo Abe tydens ‘n verkiesing-saamtrek in die stad, Nara ná ‘n sluipmoordaanval dood.