Gerco kom huis toe, net in tyd vir Kersfees

Gift of the Givers het aangekondig die Suid-Afrikaanse paramedikus Gerco van Deventer, wat in November 2017 in Libië gyselaar geneem is, is onvoorwaardelik vrygelaat. Hy is in 2018 aan Al-Kaïda in Mali verkoop, maar is Saterdag na net meer as ses jaar onvoorwaardelik vrygelaat. Gift of the Givers se stigter, Imtiaz Sooliman, sê hulle is Saterdagaand in kennis gestel dat Van Deventer in Algerië vrygelaat is. Sooliman sê pogings word aangewend om Van Deventer dringend huis toe te bring en met sy vrou Shereen en seun Asher te herenig.