Geraamde aanslae vir BTW word uitgereik

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sal na verwagting geraamde aanslae vir belasting op toegevoegde waarde uitreik. Dit volg omdat verskeie belastingbetalers versoeke ignoreer om die betrokke dokumentasie aan te heg wanneer hulle belastingopgawes indien. Die belastinghoof van ENS Africa, Charles de Wet, sê dat elkeen wat as ʼn ondernemer in Suid-Afrika geregistreer is, aanspreeklik is vir BTW en verplig is om die vereistes na te kom.