Georgia: Trump sê hy’t immuniteit

Oudpresident Donald Trump van Amerika gaan vandag probeer om die strafregtelike samesweringsaak teen hom in Georgia deur die Amerikaanse Appèlhof in die Distrik van Columbia te laat uitgegooi. Sy prokureurs voer aan hy behoort vryskelding te geniet omdat hy tydens die vermeende misdade president was. Trump staar vier aanklagte in die gesig wat verband hou met inmenging by ʼn verkiesing, sameswering om Amerika te bedrieg, sameswering om amptelike prosesse te keer en obstruksie en sameswering teen die reg om te stem en stemme te laat tel. Die voormalige president ontken alle aanklagte.