George-ramp ondersoek vorder goed: Winde

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die ondersoek na die gebou wat in George ingetuimel het, vorder goed. Vier-en-dertig konstruksiewerkers is op die sesde van die maand dood toe die gebou van vyf verdiepings ineengestort het. Die soek-en-reddingsoperasie is Vrydag afgehandel en die terrein is aan die polisie oorhandig. V3 Consulting Engineers lei die provinsiale regering se ondersoek. Winde sê dis hulle verantwoordelikheid om seker te maak alles moontlik word gedoen om ʼn soortgelyke tragedie te voorkom: