Koppel groen energie, kritieke minerale ‘vir industrialisasie’

Die Ekonomiese Vereniging van Namibië, EAN, in vennootskap met FNB Namibië en die Hanns Seidel-stigting Namibië, het ‘n openbare bespreking aangebied wat gehou is onder die tema “Optimalisering van ekonomiese opbrengste: Die rol van kritieke minerale”. Energie-minister Tom Alweendo het by die geleentheid gepraat oor die belangrikheid van groen energie en die koppeling daarvan met kritieke minerale, en sê dat dit ‘n belangrike aspek van industrialisasie is.