George Floyd kry dalk kwytskelding op dwelm skudigbevinding

Texas se raad vir kwytskeldings en parool het gestem op die aanbeveling dat George Floyd ‘n volle kwytskelding ontvang op sy 2004 skuldigbevinding op ‘n dwelmklag. Floyd, 46, is op 25 Mei 2020 dood nadat Derek Chauvin, ‘n Minneapolis-polisieman vir nege minute sy knie op sy nek gehou het. Chauvin is intussen skuldig bevind op manslag maar sal appelleer. Floyd se skuldigbevinding hou verband met ‘n saak in Februarie 2004 waar hy in Texas gevang is terwyl hy 10 Amerikaanse dollar se kokaïenstukkies verkoop het. Die raad het 7-0 gestem ten gunste van die kwytskelding en die aanbeveling sal nou na die goewerneur George Abbott verwys word vir ‘n finale besluit. Floyd se dood het internasionaal opslae gemaak met protesaksies vir ‘Black Lives Matter’ wat regoor die wêreld plaasgevind het.