#gentleminions: Na-apers van Gru mag nie rolprent kyk nie

Tieners wat in pakke by fliekteaters opdaag om Minions: The Rise of Gru te kyk, word by die meerderheid van die teaters nie toegang gegee nie. Dit volg na ‘n TikTok hustmerk, ‘gentleminions’ wat deur meer as 4,4 miljoen gebruikers van die toep aangeneem is, aanvoer dat Gru, ‘n superskurk, nageaap moet word wanneer die rolprent gekyk word. Dus, daag die tieners in pakke soos Gru op maar, hulle is ongeskik en steurend. In sommige gevalle word daar berig dat hulle verstommende slegte gedrag wat vandalisme en misbruik van personeel behels, toon.