Gemor oor niks – Boris oor sy woonstel

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, sê hy skenk al sy aandag aan dinge wat werklik van belang is, soos om meer mense teen Covid-19 te laat inent. Dit volg te midde van toenemende druk op hom om bekend te maak wie oorspronklik vir die opknappingswerk aan sy woonstel in Downingstraat betaal het. Britse media berig dat Johnson sê die herrie oor die opknapping is ‘n gemor oor niks, ondanks ‘n amptelike ondersoek deur die Verkiesingskommissie. Hy sê hy sal sy volle samewerking aan die ondersoek gee: