Gemengde uitslae vir SA-spanne in VRK

Die Bulle het ‘n onverwagse nederlaag in die Verenigde Kampioenskap gely toe Glasgow hulle gisteraand in Skotland met 35-21 geklop het. Die ander Suid-Afrikaanse span wat gister verloor het was die Haaie. Leinster het hulle in Dublin, Ierland met 54-34 pak gegee. Maar daar was goeie oorwinnings vir die Stormers en die Leeus. Vir die Kaapse span het Sacha Mngomezulu 22 punte bygedra vir nog ‘n bonuspunt-oorwinning van 37-20 teen Zebre in Parma, Italië. Die Leeus het Vrydag net-net met 22-19 teen Edinburgh in die Skotse hoofstad geseëvier.