Gemeenskapslede soek aandag want hulle weet politici wil stemme werf

Namibiese politieke partye is hard aan die werk om kiesers te oortuig om vir hulle in die volgende verkiesing te stem. Boonop vind die Swapo-party se verkiesingskongres oor ‘n paar dae plaasvind. Namibiërs probeer nou van hierdie geleenthede gebruik maak om nasionale leiers en politici na hul kwessies te laat luister. Inwoners van die Okahandja informele nedersetting het onlangs na die kantoor van die eerste minister opgeruk in ‘n poging om dienslewering te kry. In die jongste voorval het die kinders van die bevrydingstryd ook toegang tot die parlement versper en geëis om met die eerste minister te praat. Aktivis, Simon Amunime sê in die huidige politieke atmosfeer soek mense aandag omdat hulle weet politici wil stemme hê.