Gelukwensinge stroom in vir Erdogan

Die Russiese President Vladimir Putin het sy Turkse ampsgenoot, Tayyip Erdogan, gelukgewens met sy herverkiesing as President. Erdogan het meer as 52 persent van die stemme gekry, hoewel die verkiesingsuitslae nog nie amptelik aangekondig is nie. Putin sê Erdogan se oorwinning is ‘n bewys van sy onbaatsugtige werk en onafhanklike buitelandse beleid. Putin het hom ook bedank vir die verstewiging van betrekkinge tussen Rusland en Turkye en samewerking op verskeie gebiede. Die Oekraïnse President Volodimir Zelensky het Erdogan ook geluk gewens en sê hy hoop dat Oekraïne se strategiese vennootskap met Turkye, nog meer sal verstewig, asook albei lande se samewerking tot vrede en stabiliteit in Europa. Erdogan het ook boodskappe van gelukwensing gekry van ander wêreldleiers soos die VSA, Frankryk, Duitsland, Brittanje, Israel asook die Europese Unie, en Navo.