Geliefde Borstlap sterf in Johannesburg

Die bekende Otjiwarongo-sakeman, Theo Borstlap is vanoggend net voor vyf-uur oorlede in die Milpark-hospitaal in Johannesburg. Borstlap het erge brandwonde op 4 Mei opgedoen. Hy was 68 jaar oud. Kosmos 94.1 Nuus het onlangs berig dat hy veloorplantings ontvang het. Onbevestigde berigte lui dat sy hart ingegee het. Borstlap was bekend onder die Otjiwarongo-gemeenskap vir sy liefdadigheid en was uiters toegewyd aan die gemeenskap.