Wucher se Covid-saak weer in die hof vandag

Die Health Defence League, onder die leierskap van die bekende tandarts, dr. Martin Wucher, se dagvaardiging oor, onder andere, die Covid-inenting, is vandag voor adjunk-regter president Hosea Angula in die hoërhof. Wucher, saam met ander aansoekers, eis bewyse dat die Covid-entstof veilig is en erge Covid-beheermaatreëls as doeltreffend was. Hulle vra ook dat die vrywaring wat lede van die publiek in verband met die entstof onderteken het, ter syde gestel word, en ook dat vrae wat spesifiek deur Wucher gevra is in sy stukke, beantwoord word. Die ministeries van gesondheid en onderwys, sowel as die Namibiese regering, die Medisyne Regulerende Raad en die prokureur-generaal is as respondente gelys. Die partye vra uitstel vir hul finale saakbestuursplan wat ingedien moet word. Daar is blykbaar vertragings om al die partye bymekaar te kry.