Geletterdheid onder die loep in buurland se leesberaad

Hierdie week se tweede twee-jaarlikse Nasionale Leesberaad in Suid-Afrika is gefokus op die verbetering van geletterdheidsvlakke in Afrika. Die geleentheid is daarop gemik om die rol van geletterdheid te beoordeel in die bereiking van die Nasionale Ontwikkelingsplan-visie 2030. Dit het ook ten doel om doeltreffend by te dra tot die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte sowel as die Afrika-unie se Agenda 2063, wat aandag sal skenk aan geletterdheidsvlakke regoor die vasteland. Die Nasionale Biblioteek se woordvoerder, Nokuthula Musa, sê hulle het planne beraam om van die land se geletterdheids-uitdagings op te los: