Gekaapte olietenk-vragskip op pad Iran toe

’n Olietenk-vragskip wat betrokke is in ’n dispuut tussen die VSA en Iran is deur gewapende individue oos van Oman gekaap en dit kom voor asof dit van koers na Iranse waters verander het. Die Britse maritieme sekuriteitsfirma Ambrey sê die vragskip met ‘n Marshall-eilande-vlag se opsporingstelsel is afgeskakel toe dit in die rigting van die Iranse hawe van Bandar e-Jask op pad was. Die skip, wat in die Irakse hawe van Basra gelaai is, was eintlik op pad na Aliaga in die weste van Turkye.